Join me on Facebook or
Academia.edu.
Welcome to my personal web site. From here you can browse to the different web sites I maintain. I first put a personal web site on the Internet in 1996 and have since worked on various web sites and translation projects over the Internet.
Click on any of the hyperlinks on the side to go to one of my web sites. The SAlanguages.com website provides brief introductions to all the main official and unofficial languages spoken in South Africa. The Sesotho Online site is a more detailed introduction to the African language Sesotho. In addition there is also Bukantswe, a bilingual online Sesotho dictionary. Lastly there is also Silent Night Web which is a web site dedicated to the Christmas song Silent Night and the various versions and translations available. The latest addition is a website dedicated to the South African school subject IT (Information Technology) the main focus of the website is on Delphi programming but it also includes other resources for teachers and students - please visit TeachITza.com.
More about myself: After finishing high school at Afrikaans High School Sasolburg in 1997 I studied languages at the then Potchefstroom University (PU vir CHO) - specializing in language practice. In 2001 I
was the only South African student chosen to take study Translation Studies under the supervision of Cay Dollerup at the Copenhagen University in Denmark on a Danish Democracy Fund grant. After work done there on subtitling I continued with an MA degree in this field at the Potchefstroom University (see the 'Subtitling and Language rights' option left for a copy of my dissertation). Since 2003 I have been a secondary school teacher teaching mainly IT and English. From September 2005 to April 2007 I worked as teacher in London, UK doing supply teaching and later teaching ICT at secondary school level. I returned to South Africa in 2007 teaching IT and Afrikaans until August 2010. Currently I am a lecturer at the North-West University. I have recently finished my PhD with the focus on multilingualism and online/blended learning.
Welkom by my persoonlike webwerf. Van hierdie blad af kan jy na al die webwerwe gaan wat ek onderhou. Ek het my eerste persoonlike webwerf in 1996 op die Internet geplaas en het sedertdien aan baie webwerwe en vertaalprojekte oor die Internet gewerk.
Klik op enige van die hiperskakels langsaan om na my webwerwe te gaan. Die SAlanguages.com webwerf verskaf kort inleidings tot al die amptelike en hoof nie-amptelike tale wat in Suid-Afrika gepraat word. Die Sesotho Online blad verskaf meer uitgebreide inligting oor die Afrikataal Sesotho oftewel Suid-Sotho. Verder is daar ook Bukantswe, 'n tweetalige aanlyn elektroniese woordeboek tussen Engels en Sesotho. Ten slotte is daar Silent Night Web wat 'n webwerf is wat handel oor die kerslied Stille Nag en die verskillende weergawes en vertalings wat daarvan beskikbaar is. Die nuutste byvoeging is 'n webwerf wat fokus op die Suid-Afrikaanse skoolvak IT (Inligtingstegnologie). Die klem is op Delphi-programmering maar die webwerf sluit ook ander hulpbronne vir onderwysers en leerders in - besoek asseblief TeachITza.com.
Meer oor myself: Na ek my hoërskool loopbaan afsluit by die Afrikaanse Hoërskool Sasolburg in 1997 studeer ek BA tale by die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys met die fokus op taalpraktyk. In 2001 word ek as die enigste Suid-Afrikaanse student gekies om Vertaalkunde onder leiding van Cay Dollerup by die Universiteit van Kopenhagen in Denemarke te studeer as deel van 'n Deense Demokrasiefonds studiebeurs. Na die werk wat ek daar oor onderskrifte gedoen het gaan ek met my MA graad in die onderwerp aan by die PU vir CHO (sien die 'Subtitling and Language rights' opsie links vir 'n elektroniese weergawe van my verhandeling). Sedert 2003 is ek 'n hoërskoolonderwyser en bied ek IT (ook Rekenaarstudie) en Engels aan. Van September 2005 tot April 2007 werk ek as onderwyser in Londen, VK. Hier doen ek supply teaching en later bied ek ook ICT op hoërskoolvlak aan. Ek keer terug na Suid-Afrika in 2007 en gee onderrig in IT en Afrikaans tot Augustus 2010. Tans is ek 'n dosent by die Noordwes-Universiteit. Ek het onlangs my PhD voltooi met die fokus op meertaligheid en aanlyn/gemengde leer.